Bierpens se nuuste Warning

Posted in Bier with tags , , on October 11, 2009 by bierpens

So wyle terrug het ek iets geplaas oor ‘n aster wat laag buk voor ‘n kroeg yskassie….

Nou het ek die regte sign gekry om my Bierman uit my kroeg yskas te hou… is oraait as sy vrou vir ons bier uithaal, maar hy is ‘n blou bul wat nie onderbroek dra nie…

So toe moes ek een of ander protection op my Lagertjies plaas want niemand drink by Pensie verniet nie.

As jy nie jou muis wys nie moet jy maar jou eie biertjie bring…

-

Read more »

Wat gaan die maan oplewer

Posted in Uncategorized on October 10, 2009 by bierpens

Mens spot maklik oor die water (Water kar Plons neer op Maan) van die maan af ding, maar vannoggend is my oudste vol vrae. Nie te lank terrug het hy my vermaak met ‘n klomp vrae oor hoekom die mens nie maar maan landings doen nie. Dit was vir hom vreemd dat ek hom probeer verduidelik dat daar nie veel vir ons van nut op die maan is nie.

Gepaard gaande vrae en antwoorde het gehandel oor moontlik organismes wat van die ruimte die aarde kan kom besoedel. Dis mos hier waar die afwesigheid van Godsdiens, die realiteit van allien plant invasion en Discovery Channel ‘n 12 jarige drie jaar voor sy tyd sit. Nou wil die mannetjie weet hoe gaan die mens sorg dat wat ookal in die Maan se ys bevrore gebly het nie die aarde kom besoedel soos Lantana nie.

Ek kon nie anders nie as net om my kop instemmende te knik oor al die verdoemende feite wat hy voor my neer gooi. Nou ontstaan die vraag spontaan by Die Dik Dik Velligge en moontlik Disleksiese Bierpens. Hoe kan mense wat sulke somme kan maak, petrol soorte kan mens en sulke duur remote control toys kan bekostig nou nie die ding vir hulle self uitwerk nie…

Of ga Jesus ons beskerm …???

10h00 Koek en Tee – Heimwee

Posted in 10h00 on October 9, 2009 by bierpens

Heimwee: Sung in Afrikaans Soprano: Johanni van Oostrum Piano: Ockie Vermeulen Cello: Jaqui Finlay

Selfmoord – Het ons die reg om te oordeel?

Posted in Uncategorized on October 8, 2009 by bierpens

So al surfend surf Bierpens die Blogs weer raak … Selfmoord is iets wat mens geen famielie toewens nie en deur al ageter celebreties aan te loop en hulle te verkleineer oor besluite wat hulle geneem het is mankoeliekig…

Deur op jong ouderdom mense te kritiseer oor verkeerde besluite om natuurlik… netso die verkeerde besluite. Party keer neem mens besluite oor dinge omdat jy nie om gee oor die gevolge nie, na die tyd raak dinge weer rustig en die son kom weer op dan is mens spyt oor die besluite en optredes wat jy geneem het.

Bierpens se beef met die lewe is:

  • Wie gee ‘n jong lewenslustige verlagewer/geefster die reg om sulke besluite te beoordeel en te veroordeel?
  • Watter reg het ‘n Juffrou om te besluit ‘n kind is boos en domineerend?
  • Watter jong Internet gebruiker het die reg om ‘n sportheld te verkleineer en te vervloek?
  • Watter reg het die mensdom om God se woord te verdraai?

Die dinge wat mens as vanselfsprekend aanvaar is vir die ander ‘n berg te oorbrug… Bierpens kyk gisteraand Kwela en die Downsindroom dametjie… As mense haar ‘n kans kan gee hoekom is ADHD en SID so ‘n groot euwel en hoekom kan party Onderwyseresse sulke kinders red/help en ander hulle verdoem?

As ons Christine is en dit doen verdoem Bierpens die Geloof … want voor God sal ons vrees om sy kinders seer te maak en te na kom.

10h00 Koek en Tee – BON JOVI

Posted in 10h00 on October 8, 2009 by bierpens

Making of we weren´t born to follow

Die is on Jovi se nuutste single en is blykbaar ‘n reuse hit…

Bierpens die Parra Parrasiet

Posted in Uncategorized with tags , on October 7, 2009 by bierpens

Biepens die alewige Parra …

Platkuif se stats het geval toe email hy Bierpens … kwansuis ‘n onderhoud met ou Pensie voer … Pensie het lank en alleen hier gegorrel en so af en toe het Ingrid ingeloer en hallo gesê…

Bierpens kan nie ‘n uitdaging weerstaan nie en toe gaan ref hy die Parra Prins … Daar in sy eie moeras… Die News24 Email het toevallig of dalk nie oppie selfde tyd by hom geland … Snaaks dat Pensie otrent ook dieslfde tyd deur google gesqaure is oor sy nuwe nuus inskrywings… Ma nou ja die Prins van waarheid het simpatie nodig … Pensie het nie vir Fokk gevra om die storie oor die peul streel te run innie moeras nie…

Any way die ding om te parrasiteer het Pensie by die eie Parra Prins geleer … Ma is ok Platkuif … Good Cop – Bad Cop …. jy het die simpatie nodig … Go For It … die Parras geniet jou …

10h00 Koek en Tee – Disselblom

Posted in 10h00, Musiek with tags , , , on October 7, 2009 by bierpens

10h00 Koek en Tee -

Posted in 10h00 with tags , , on October 6, 2009 by bierpens

Vir Dalene en haar sterk meisiekinders ……. Omdat niemand n Irak mammie n medalje gee nie ……. Afrikaans afrikaanse musiek Fredi Nest Ogies …”

Wel toe dink Pensie dit goed om wie ook al bietjie hier te vereer …


10h00 Koek en Tee – Morden Talking

Posted in 10h00 on October 5, 2009 by bierpens

Nostalgie — Ewe skielik word bierpens terrug gegooi na Desember 1985 … toe Pensie en sy maatjies Malema se boeties rond gejaag het in Ovambuland …

Gemenge emosies van verliefgeit … dood en haat …

DA vs ANC – Net toe ons dink dit ga goed

Posted in Uncategorized on October 3, 2009 by bierpens

Nie te lank gelede was die DA onder baie druk oor uitlatings wat hulle leier teenoor Jacob Zuma gemaak het. Zapiro was ook uit lyn uit gewees. Dit blyk dat die Blanke Suid Afrikaner na al die jare steeds aan hulle neuse rond gelei word deur die Engelse Kolonialisme.

Was dit nie vir die Engelse pastoor van agter die berg nie het die Sangomas seker nooit die moed gehad om teen Dingaan te gaan en Piet Retief vermoor nie. Was dit nie vir die Engelse nie sou onse Oumas nooit in die konsentrasie kampe vergaan het nie. Dalk sou die slag van Bloed Rivier nooit eers nodig gewees het nie, want Piet Retief het goeie bande met Shaka en ander sterk Zulu leiers gesmee.

Nou is die nuus al weer deur trek met inmenging van buite oor ANC besluite wat in die land se beste belang is en aantuigings van sabotasie teen hulle eie mense. DA moet besef dat die “Mal Smuts Teorie” (gooi ‘n klip innie bos en kyk wat kruip daar uit) nie in moderne post Kolonialistiese Apartheid SuidAfrika sal werk nie. Die Afrika stamme is al te veel daarmee gevang die weerstand daar teen is in die laaste twee honderd jaar as deel van hulle geloof ontwikkel…

So as mens korupsie in die ANC wil ontbloot doen mens dit met feite deur die regte kanale … dis al hoe die nuwe demokratiese Suid Afrika sal funksioneer waar die Nie Blanke die reg het om sy vrye denke te beoefen … Hoe gouer Post Kolonialistiese Engelsman dit besef hoe vinniger sal ons as ‘n werkende Demokrasie na vore kan beweeg…