Rapport Verkrag – Beeld stel voorbeeld.

As ‘n dame sê nee… dan is dit nee… as sy sê asseblief moenie … dan luister ‘n gentleman. Wat my nou dwars in die krop steek is die feit dat nie een van die sogenaamde girls nee gesê het nie…

Al die dames wens om saam met sekere popsterre en rugby helde in die bed te spring.

Wat my nou pla is dat ‘n koerant so Rapport geen probleem het om nie nee vir’n antwoord te vat nie. Hulle hoor, lees en verstaan die dame wil nie haar naam genoem hê nie, maar nee Rapport ontbloot haar van alle waardigheid en publiseer haar naam op die voorblad… dit is nie pers vryheid nie… dit is blatante verkragting.

Beeld praat van die dame wat nie bekend gemaak wil word nie…

Ek het niks om verder te sê nie… Rapport verkrag weereens die reg op privaatheid en kruip weg agter vryheid van spraak.

Wanneer die ANC ons die vryheid ontneem, moet ons nie huil nie, onthou die dag wat ons grootste Afrikaner trots ‘n weerlose dame se privaatheid verkrag het…

3 Responses to “Rapport Verkrag – Beeld stel voorbeeld.”

  1. Ek stem saam met jou Bierpens, dit ruk nou totaal hand-uit!!! Hulle dink nie verder as wat hulle neuse lank is nie. Ek kan net dink hoeveel seer het hierdie storie nou weer veroorsaak.

    “Gentlemans” is nou baie skaars en ek wonder of daar nog van die soort vir sommige koerante werk. Ek dink nie so nie! :(

  2. Dagse Bierpens
    Ek stem eerstens nie daarmee saam met die tendens dat mense anoniem uit die kassie spring en dan ander se doen en late uitblaker waaraan hulle ook ‘n deel gehad het nie.

    Sou jy as koerant jou informant die “beskerming” van naamloos te bly gee, dan moet jy en jou mede belhamels dit respekteer. Dalk het die een wat die berig geskryf het nog die ander joernalis gebel met die naam en storie.

    Vertrou die wetters niks en ek stem saam dis ‘n treurige dag.

    Groete

  3. Hi Wipneus

    Dagsê White Knight

    Dankie vir julle inloer en ondersteuning… ek kan veel by julle kommentaar toe voeg nie… ons almal voel dieselfde…

Leave a Reply