Wie gaan Nasionale media stop?
Ek sit verstom. Die selfde mense wat al ons ikone onverpoos afslag in die openbaar en miljoene daaruit maak staan op en sê dat Bible Bashing is haat spraak. … Huh?
Ek, Bierpens, die dik, dikvellige en moontlik disleksiese witman, vra hier plegtig, alle Christelikke verslagewers en Redakteure, hou nou op… Genoeg is genoeg.. Kom ons vat hande en vra vergifnis vir die onomkeerbare skade wat ons ons mede mens aanrig…
Some how I think this is not going to fly…
So my volgende vraag is… alle gelowiges… staan op en stop hierdie mal gejaag na mamon. As julle traag is om dit te doen moet julle nie huil as mense julle begin sleg sê en grappe begin maak van julle en julle geloof nie.
Net lafhaards neem deel aan die Celeb bashing … mense wat nie geld op eerbare maniere kan maak nie… laat die kinners huil vir die sondes van hul vaders… is geregverdig want Christus het aan die kruis gesterf…
vannaand vra ek God vir vergifnis… mag ek die straf wat ons as mense opgelê word weens ons dwaal leer stellinge my en my familie gespaar word.
March 15, 2009 at 8:54 pm
Ai Bierpens, ‘n mens is te bang om nou ‘n koerant oop te maak, want watter familie gaan nou volgende verwoes word. Die jammerte wat ek vir die kinders het kan nie beskryf word nie.
Maar nou ja, die mense het seker nie gewetes of families nie en hulle kry seker vet bonusse!!!
March 16, 2009 at 4:56 pm
Dagsê Zee
Hoe dit gaan ou girl…
Ja ek sak my kop in skaamte… eish maar ou Platkuif gaan baie versigtig sy kop by ‘n sport kroeg insteek nou dat die MANNE weet hoe hy lyk!!! hehehhehe