Eendrag maak mag?

Eendrag maak mag…. klink soos ‘n cliche’ uit ‘n vorige bedeling. Staan saam teen Julius Malema, die Zuma en Shabir Kultuur. Kom ons beroep ons op die waarheid en slag ons staan saam ikone in die openbare media, want in die land van die blindes is een oog koning.

Kom ons leer ons kinders dat hulle idole en ikone groot en magtig en voorbeeldig is. As ons soos hulle wil wees moet ons dwelms snuif. Dit is OK om poeier te snuif van halfkaal volks dogtertjies se lywe af, want kyk ons ikone doen dit mos.

Ek is jammer mense, parras en slakke, maar dit is wat julle ontboeseming van die waarheid ons kinders leer. As ‘n kind eers ‘n idool of ikoon gekies het, gaan ons hom nie anders vertel nie…. hy gaan optree soos daai idol en icon. Ek is seker Emil sal saam stem met my stelling.

So … Platkuif, HEAT en NASPERS kweek net meer sodomiste, druggies en egbreekers. As ons nou wil leer van sedebewaaring dan moet ons dit by die ou NATTE gaan leer. Jy praat nie oor die leiers se voete van klei nie. Jy los jou kinders om groot te word voordat hulle stil stil uitvind hulle icons is nie unblemished nie.

Tenminste op die manier het hulle groot geword sonder om aan dwelms blootgestel te word.

Dalk het onse mense, wat die HEAT toilet skommel doen, meer dinge wat agter die skerms gebeur as net die belange van die kinders op hulle hart. Ek kan sien hoe meer en meer kinders agter hulle idols aan loop en bloubulletjies wat ook nou ‘n behoefte het om wit poeier van ‘n half kaal aster se lyfie af te geniet…

Ek kan nou sien hoekom van ons huidige popsterretjies op baie jong ouderdom ‘n reeks buite egtelikke kinders en seksuele verhoudings het. Die koerante en Platkuif sĂȘ dis cool… Ja Platkuif jy weet jy het invloed op baie jong mense. Jy weet dat jy net sekere dreigemente uitvoer.

So ou Bierpens se vraag is… Hoekom is jy so selektief in jou openbaarmaking?

Ek stel dit aan jou …. CASH!!! dalk jy kry nie genoeg by koerante nie en dan besluit jy dalkies moet ons die storie maar laat doodloop of dalk betaal iemand jou om die storie te laat doodloop, maar jou radio omroeper is toe nooit expose nie…. So jy is selektief… Wat is jou rede daarvoor?

Leave a Reply